Lukas Leeu kry Leeumoed [Audio & e-boek]

LUKAS LEEU KRY LEEUMOED IS SUID-AFRIKA SE EERSTE AFRIKAANSE STORIEBOEK OOR DIABETES TIPE 1 WAT BASSEER IS OP Ń WARE VERHAAL!

Lukas Leeu is ’n vrolike leeutjie, maar uit die bloute begin hy vreeslik sleg voel. Sy klere raak te groot vir hom! Hy bly moeg en dors, en eendag raak hy sommer deurmekaar. By die hospitaal vertel dokter Martin Meerkat hom … Wat sê die dokter daar: dat hy ’n béét is?

Leer saam met Lukas oor diabetes, en die wonderlike insulien-Ferrari!
’n Inspirasie-boek vir oud en jonk.

R149.00