MEDIA & RESENSIES

Artikel in Netwerk24 oor Lukas Leeu Kry Leeumoed.

Klik hier om meer te lees:
https://bit.ly/3jZoJCf

Artikel in Sweetlife (Diabetic South Africans – A community for people with diabetes.)

Klik hier om meer te lees:
https://bit.ly/2SUqy7C

TERUGVOER & GETUIGINGS

Baie dankie ek het boekie ontvang en reeds positief aangewend in my praktyk waar ek baie klein Tipe 1 diabete sien.
Baie geluk met die skryf van die boek!!
Groete

Kamaretha

Hi jissie ek wil net vir jou sê welldone!!

Ek het gister aand die diabeet boekie vir Jandre gelees wat 3 jaar oud is en ook diabeet tipe 1 is. Dit was ongelooflik om te sien hoe sy gesiggie ophelder toe hy besef dat hy nie al een is wat moet spuit en so sensor opkry nie.

Hy het so lekker saam gepraat en vir my heeltyd gesê mamma ek was mos ook so siek in die hospitaal. Mamma ek het ook so sensor….
Ek dink die boekie het hom laat besef dit is okay…. Dit is normaal want daar is nog wat soos hy is.

Hy het gelewe in die boekie en kon sy hartjie met ons deel en saam praat oor sy ervaring. Jou boek maak ‘n groot verskil!!! Ons is dankbaar!!

Liefde

Melanie Maritz

Hi Marilie

Wat ‘n vreugde om die pragtige boekie te kon lees!! 

Regtig oulik en ‘n absolute moet vir elke kleintjie daarbuite wat met die toestand gediagnoseer word.

Dit dek so mooi die emosionele kant en dit is so opbouend.  Regtig so dankbaar

Groete

Riekie

Dieëtkundige - Worcester

Marilie is ‘n mamma. Haar mamma-hart en liefde vir lees, spoel deur in haar stories. Die stories val maklik op die oor, en tref terselfdetyd diep in kinderhartjies. Die boodskap van die stories spreek ernstige dinge aan en bied wonderlike gespreksgeleenthede tussen ouers en kinders. Die diepte en kreatiwiteit is besonders. LeesLisa is nie “oulik” nie, dis nodig!

David Muller

Sanger | Spreker | Vervaardiger

Word deel van die LeesLisa familie en volg ons op sosiale media: